Bokie ons kom al lank saam die eerste dag wat ek jou ontmoet het, het ek geweet jy is die een vir my. Ons het deur die 6jaar saam gegroei en streker geword en mekaar leer ken ons leer elke dag nog nuwe dingetjies van mekaar. Ek sien uit na die volgende 100 jaar se leer.

Die eerste foto wat ek van jou ontvang het.
Net daar en dan was ek verlief ek het geweet jy is die persoon wat my sal troos, my laat lag, my optel en ondersteun dit het gevoel of ek vlieg.

Jou 21ste Verjaarsdag.
Ek was trots die rede hoekom ek trots was is oor dat ek geweet het jy is myne ek was
verlief en verlore.
verlief en verlore.
Dit het gevoel jy voltooi my tot vandag toe voltooi jy my en jy is my rede vir opstaan.


Kersfees het aan gebreek
Kersfees het gekom en gegaan ek het by myself gedink hoe sal dit voel om elke jaar vir die volgende 100jaar kersfees saam jou te kan spandeer. Die enigste gevoel wat ek gekry het was n vuur warm gevoel deur my hele liggaam ek het geen verdere vrae gehaat nie ek het geweet, Met jou aan my kant weg ek n oorlog.
N mens besef soms nie hoekom jou lewe loop soos wat hy doen nie n mens het baie vrae oor dit waarop jy nie onmiddelik andwoorde het nie, Die hele geheim is om dit uit tewag die andwoorde kom op die regte tyd vandag is ek bly dat my lewe uit draai met jou. My plek is langs jou.
Kuiers saam jou is lekker daar is nie n sekonde wat verby gaan waar dit nie “fun”is nie.
Uitstappies wat n plesier as mens moeg raak motiveer jy om nog verder te loop en aan te hou. P.S Ek was dood moeg.

Oor hierdie kan ek boeke skryf toe ek uitvind jy verwag was ek stom geslaan stres vol maar ek was kinderlik bly”(al het dit nie so gelyk nie) Jy het my n gesonde mooi seun gegee ek sal jou ewig dankbaar wees hy is pragtig.




Hier is on al bietjie groter.
Sy eerste verjaarsdag jy het hard gewerk aan dit jy wou dit spesiaal maak vir hom en dit was ek weet hy het dit geniet en hy het als wardeur. Nie net hy nie selfs ek het gesien wat jy als doen die laat aande goedjies maak bak en brou. Dit was lekker.
Sy eerste seer kry dit was n nagmerry ek het gevoel ek gaan enige oomblik neer slaan.
Pappa wou troos maar hy het net sy mamma gesoek. Jy is die beste ma wavoor enige kind kon vra.
Pappa wou troos maar hy het net sy mamma gesoek. Jy is die beste ma wavoor enige kind kon vra.
Ek is verlief…
op my beste vriend
my sielsgenoot
my alyd-daar
in vreugde en in nood
ek is verlief…

op my beste vriend
my luister-oor
my altyd-eerlik
al is dit nie wat ek wil hoor
ek is verlief…
op my beste vriend
my klankbord
my sin van werklikheid

wat my heel laat word
ek is verlief…
op my beste vriend
my lekker-lag
my kielie-oomblikke
die sonskyn in my dag
ek is verlief…
op my beste vriend
my altyd-vra

my diep-gesprek
wie se opinie waarde dra
ek is verlief…
die een wat vir my vrede bring.











